Coco Chanel, Marilyn Monroe, prinses Diana en selfs Meghan Markle. Ontwerpers, Hollywoodsterre en koninklikes het al keer op keer bewys (en gewys) dat sekere klassieke kombinasies goud is. Die meeste van ons het reeds klomp van hierdie items in ons klerekaste. Met daardie slim meng-en-pas-aanslag kan jy splinternuwe uitrustings optoor.

Trench-jas & neutrale hak

Hierdie kombinasie is ’n wenner. Boonop kan jy dit saam met enige uitrusting stileer.

Jou mode-inspirasie: Audrey Hepburn en Meghan Markle

British actress Audrey Hepburn on the set of Break
FOTO Getty Images / Gallo Images
SYDNEY, AUSTRALIA - OCTOBER 16: Prince Harry, Duke
FOTO Getty Images / Gallo Images

Koop die inspirasie:

Trench en Neutrale Hak
Trench en Neutrale Hak

Vlootblou-en-wit streeptop (R550 vir ’n stel van 2), Daniel Hechter

 Roomkleurige koordfluweel-wyepypbroek (R429), H&M

 Kameelkleurige trench-jas van katoen (R2 999)

 Neutrale hakskoene in sweedseleer (R1 299), Aldo


Tweed en diamante

Saam vorm dié twee ’n gedugte span. Juweliersware met blinkerstof staan nou die seisoen terug vir haarbykomstighede met diamanté.

Jou mode-inspirasie: Coco Chanel en Sarah Jessica Parker

French fashion designer, Coco Chanel, standing, in
FOTO Getty Images / Gallo Images
NEW YORK - MARCH 05: Actress Sarah Jessica Parker
FOTO Getty Images / Gallo Images

Koop die inspirasie:

Tweed & Diamanté
Tweed & Diamanté

Swart-en-wit blompatroon-syserp (R349), Witchery

Wit T-hemp met patroon (R250), LTD Woman

Tweedbaadjie (R2 999), Country Road

Diamanté-haarknippies (R120 vir ’n stel van 3), Woolworths

Swart en wit

Dié kombinasie bly treffend. Dink maar aan al die kere wat bekendes, soos Oscar-wenners Charlize Theron en Reese Witherspoon, die kollig gesteel het op die Oscar-tapyt.

Jou mode-inspirasie: Jackie Kennedy en Olivia Palermo

Jackie Onassis during Company Opening Night on Bro
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Koop die inspirasie:

Swart en Wit
Swart en Wit

Vergulde horlosie met swart leerbandjie (prys op aanvraag), Michel Herbelin versprei deur Luxco Importers

Swart diksooltekkies (R1 099), Converse

Swart-en-wit polkakoltrui (R379), H&M

Swart kunsleer-midiromp (R429), H&M

Midiromp en knielengte stewels

Die geheim hier stewels van met hakke van mediumhoog en op. Dis die ekstra hoogte saam met die midiromp wat hierdie uitrusting besonders vleiend maak.

Jou mode-inspirasie: Prinses Diana en Anna Wintour

LONDON - DECEMBER: Diana, Princess of Wales, in Ke
FOTO Getty Images / Gallo Images
MILAN, ITALY - FEBRUARY 20: Anna Wintour is seen d
FOTO Getty Images / Gallo Images

Koop die inspirasie:

Midiromp en Kielengte Stewels
Midiromp en Kielengte Stewels

Pienk fluweelhaarband (R120), Woolworths

Roomkleurige kabeltrui (R799), Poetry

Geplooide midiromp met pienk blompatroon (R999), Zara

Beige knielengte stewels van kunsleer (vanaf R560)

Wit hemp en blou jeans

’n Sensuele voorkoms vir oud en jonk, sonder te veel moeite. WENK: Die twee items moet jou perfek pas.

Jou mode-inspirasie: Marilyn Monroe en Rosie Huntington-Whitley

American actress, singer, model and sex symbol Mar
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Koop die inspirasie:

Withemp en Blou jean
Withemp en Blou jean

Swart leerhandsak met grafiese patroon (R4 400), Missibaba

Ivoorkleurige leerbelt (R699), Witchery

Klassieke wit hemp van katoen (vanaf R399), Studio.W by Woolworths

Reguitpyp-jeans (vanaf R399), Woolworths

Hier volg nog uitrusting-idees:

Klassiek 1
Klassiek 1
Klassiek 2
Klassiek 2
Klassiek 3
Klassiek 3
Klassiek 4
Klassiek 4
Klassiek 5
Klassiek 5
Klassiek 6
Klassiek 6

Kry nou die SARIE Julie-uitgawe vir nóg mode-wenke.