Die 19de-eeuse Nederlandse skilder Vincent van Gogh se werk is wêreldwyd bekend. Maar sy skilderye sal nie sommer teen jou sitkamermuur hang nie. In 2015 is een van sy skilderye teen ’n verbysterende R930 miljoen verkoop!

Maar nou het die Van Gogh-museum in Amsterdam en die gewilde Amerikaanse tekkievervaardiger Vans saamgespan om die ikoniese kunswerke bekostigbaar te maak vir kuns- en modeliefhebbers. 

FOTO: Facebook / @vans

Kunswerke soos Kop van 'n skelet, Amandelbloeisels, Sonneblomme en sy beroemde selfportret is nou beskikbaar op tekkies, klere en ander bykomstighede.

Boonop is dit ook in Suid-Afrika te koop! Loer hier onder: 

Die tekkies wissel van R1 099–R1 699,99

Van Gogh - Vans
Van Gogh - Vans
Van Gogh - Vans
Van Gogh - Vans
Van Gogh - Vans
Van Gogh - Vans
Van Gogh - Vans

Die klere-items en bykomstighede kos tussen R699,95 en R2 999

Van Gogh - Vans - T-hemp
Van Gogh - Vans - Top
Van Gogh - Vans - Top
Van Gogh - Vans - Kep
Van Gogh - Vans - Top
Van Gogh - Vans - T-hemp
Van Gogh - Vans - Bomber-baadjie
Van Gogh - Vans - Rugsak en Kep

Beskikbaar by Vans-winkels landwyd.