Met 10 winkels regoor Suid-Afrika is daar dikwels ’n paar kilometers tussen aanhangers en Zara-modes. Vanaf 18 September 2019 is die volledige reeks vir vroue, mans en kinders egter net ’n paar klieks weg! 

Dís wat ons sover weet:

• Zara stel hulle aanlyn verkope bekend met ’n toegewyde webtuiste, zara.com/za. Klante sal dan aanlyn inkopies kan doen en tussen verskillende afleweringsopsies kan kies.

• Jy kan gratis die bestelling by die winkel van jou keuse of afleweringspunte regoor Suid-Afrika afhaal, terwyl inkopies van meer as R999 gratis aflewering by jou huis insluit.

• Die aanlyn winkel is ontwerp om op enige selfoon of webblaaier te werk, maar jy kan ook die Zara-app aflaai wat in iOS- en Android-weergawes beskikbaar is. 

• Betalings kan met al die bekende kredietkaarte gedoen word, insluitende Visa, Mastercard en American Express.

Hou Zara se Suid-Afrikaanse platforms dop vir meer inligting

Lees ook:

Die kuberruim se gewildste rok

Ses uitrustings: So dra jy jeans werk toe