Dit mag dalk soos ’n sweepslag-stelling klink, maar ’n nie-so-perfekte voorkoms kan soms meer modieus voorkom ... Moenie my verkeerd verstaan nie, dis nie nou ’n uitnodiging om slonsplakkies en T-hemde met vetkolle te dra nie. Dis klein veranderinge, soos om ’n hemp halfpad in te steek, wat as die French tuck bekend staan.

Hierdie wenke kan jou in ’n japtrap modieuser laat lyk. Soos die Ingelse sê: Use it, don’t use it. Maar probeer dit darem net een keer. 

1. French tuck of knoop

Om jou hemp ten volle in te steek, klink soos pure etiket. Probeer iets anders: French tuck dit of knoop die hemp. Die bonus? Een hemp, vele uitrustings.  

Só maak die aanhangers van mode:

 

 

2. Moue opstoot

Ja, dit is nie slordig nie, inteendeel, jy skep onmiddellik ’n meer informele gevoel. Stoot jou baadjie of trench-jas se moue op ... as jy nog ’n stappie verder wil gaan, kan jy jou hemp of bloes steeds onder die opgerolde moue laat uitsteek.

Magdel se modewenk: Indien jou moue nie bo wil bly nie, vat ’n rekkie en draai dit oor jou moue. Maar moenie te styf gaan nie, die bloed moet nog kan beweeg!

Só maak die aanhangers van mode:

  

3. Laag-op-laag

Die geheim? Rond jou uitrusting af met juwele of hakskoene.

Só maak die aanhangers van mode:

 

4. Kleurkombinasies

Dra daardie vlootblou en swart; bruin en swart; rooi en pienk; blou en rooi.

Magdel se modewenk: Rooi is ’n moeilike kleur om te meng met ander kleure. Indien dit ’n wynrooi item is, dra dit met ’n sagter pienk of blou item. Is dit helderrooi, gaan vir helderpienk. Bloedrooi en koningsblou is ’n moeilike een! Jy wil nie soos ’n tandepasta-advertensie lyk nie. Bring aksente van blou in deur middel van ’n skoen, juweel, serp of handsak.

Só maak die aanhangers van mode:

 

 

5. Baie bykomstighede

Dra daardie drie halssnoere oor mekaar. En ja, jy mag halssnoere en oorbelle saam dra. Die geheim is net om die verhouding reg te kry. As die oorbelle bonkig is, hou die halssnoer ’n bietjie fyner, as die halssnoer bonkig is, dra fyner oorbelle.

Só maak die aanhangers van mode:

  

6. Tekkies en ‘n formele rok of romp

Die enigste reël: As jy wit tekkies dra, maak seker dis skoon.

Só maak die aanhangers van mode:

 

 

7. Stukkende jeans

Hierdie item kan stylvol wees as jy dit saam met daai hakskoen of wighak stileer. Maar moet dit nou nie vir jou werksonderhoud of ander formele geleentheid dra nie.

Só maak die aanhangers van mode: 

  

8. Onpaar oorbelle of skoene

Ja, dit is ’n tendens! 

Magdel se wenk: Maak net seker die items pas by mekaar! Wat bedoel ek hiermee? Oorbelle moet dieselfde aksente hê, soos pêrels, dieselfde kleur of vorm. Skoene is moeiliker, maak seker dis presies dieselfde styl, alles moet ooreenstem ... dis net die kleur wat kan verskil.

Só maak die aanhangers van mode:  

  

9. Oefenklere

Magdel se wenk: Maak seker dit pas jou ordentlik.

 

Só maak die aanhangers van mode:  

 

Deur ‘n ring getrek is steeds ‘n wenner, maar prober die aanvaarbare slordige voorkoms. My raad is net om die bogenoemde wenke te volg.