Bykomstighede is 'n maklike manier om basiese kledingstukke in 'n modieuse uitrusting te omskep. Met skoene kan jy nooit 'n fout maak nie! Hier is 9 pare wat almal onder R500 is - perfek vir Valentynsdag wat om die draai is.

Romantiese afspraak? Sit jou beste voetjie voor met hierdie loopplank-geïnspireerde hakskoen-tendense.

DEURSIGTIGE HAK

Skoen met deursigtige hak (R499), Woolworths.
Klik hier om aanlyn te koop

BLINKERSTOF

Goue skoene met blinkerstofhak (R189), Mr Price. 
Klik hier om aanlyn te koop

Wenk: Gee jy nie om om bietjie te waag nie? Stileer hakskoene met sokkies, 'n groot trend. SARIE.com het reeds hieroor berig; lees meer hier.

Goue lurex-sokkies (R79), Cotton On. 
Klik hier om aanlyn te koop


HOFSKOENE

Rooi hakskoene (R169), Mr Price. 
Klik hier om aanlyn te koop

Beige hakskoene (R450), Woolworths. 
Klik hier om aanlyn te koop

Wenk: Skoene wat dieselfde kleur as jou velkleur is, laat jou bene langer lyk. 

Waag: Is jy lus vir vars nuwe kleur, wees dan op die uitkyk vir laventelpers skoene. Op die loopplank is dit raakgesien by ontwerpers soos Marc Jacobs en Victoria Beckham se vertonings. 

Laventelkleurige hakskoene (R349), Edgars. 
Klik hier om aanlyn te koop

LAER SPYKERHAKKE

Rooi "kitten heels" (R149), Mr Price. 
Klik hier om aanlyn te koop


Wenk: Laer spykerhakke, die hakbandjie ("slingback") en helderkleurige skoene is alles hoogmode, wat dié die perfekte modekopie maak.

GERONDE HAKKE

Koperhak-sandaal (R459), Edgars.
Klik hier om aanlyn te koop


MIKRO-SKOENTENDENSE

- Veer-, tossel- en maas-detail

Cowboy-geïnspireerde elemente soos gespes en 'n skerp punt

- 'n Stukkie blieng, soos diamanté-detail

Hakskoene met maas-detail (R189), Mr Price. 
Klik hier om aanlyn te koop



Hakskoene met dons-detail (R179), Mr Price. 
Klik hier om aanlyn te koop



Hakskoene met diamanté-detail
 (R189), Mr Price.
Klik hier om aanlyn te koop