Volgens die kalender het ’n nuwe seisoen kom aanklop: Herfs met sy goudgeel bui. Die dae raak reeds korter en binnekort gaan ons winterjasse en snoesige truie begin dra.

Die bekende stilis en grimeerkunstenaar Marí Conradie van Mooistemooi, wat al op die stelle van bekroonde flieks soos Johnny is nie dood nieDie SeemeeuKanarie en Dis koue kos, skat gewerk en bekendes soos Minki van der Westhuizen, Rolanda Marais en Leah gestileer het, het, gaan dié seisoen veral vyf items dra. Die goeie nuus? Die kans is goed dat jy hulle reeds in jou klerekas het, sê sy.

FOTO Charlene Schreuder Photography

Staatmaker-items vir herfs

1. Oorgroot jas

“Ek noem dit sommer die bear coat. Hierdie jas kan saam met verskillende uitrustings gestileer word. Elke jaar stof ek my jas af en dra dit vir die herfs- en winterseisoen. As jy nie een het nie, skaf gerus een aan, dit is beslis ’n belegging." 

Bruin en taankleur is goeie kleurkeuses, meen Mari. “Jy sal nie met só ’n kleur verkeerd kan gaan nie!"

FOTO Instagram / Marí Conradie

2. Enige blinker-items

Of dit nou ’n baadjie, hemp, romp of bloes is, dra dit hierdie herfs. “Dit kan jou uitrusting prettig maak. Maar jy kan ook jou blinker-items meer informeel stileer deur bonkige stewels, sneakers of jou All Star-tekkies saam met dit te dra."

FOTO Instagram / Chanel

3. Jas met tekstuur

Dis prettig vir die herfs, sê Marí. “Dra enige jas met tekstuur."

FOTO Instagram / Chanel

4. Dra daai T-hemp

Met die draai van die seisoen gaan daar nog warm dae kom kop uitsteek. “Dra sommer ’n bedrukte T-hemp onder jou oorgroot jas. Dis altyd ’n staatmaker."

FOTO Instagram / Alexa Chung

Vir Marí is die grootste styl-geheim: “Waag, maar onthou less is more. Simplicity is key!"

Nóg styl-wenke van Mari:

* Ken jouself en jou lyf, maar waag en dra die uitrusting waarvan jy hou.

* Dra jou imperfeksies met selfvertroue, daai sproete, daai skewe tande. Dis jou unieke skoonheidsbate!

FOTO Charlene Schreuder Photography

En haar haar- en grimeerwenke vir die nuwe seisoen?

1. Knippies

Sit verskeie knippies aan die een kant van jou hare, dit gee ’n vars en opwindende voorkoms.

FOTO Instagram / Natalie Anne Hair

2. Bloos ’n bietjie

Natuurlike oë en flushed cheeks is gróót.

FOTO Instagram / Nikki Makeup

3. Natuurliker wenkbroue

Donker, prominente wenkbroue word nou eerder natuurlike wenkbroue wat effens gekam is.

FOTO Instagram / Nikki Makeup

4. Gekleurde katoog

Waag met blou oogomlyner en teken ’n katoog daarme. Hou die res eenvoudig vir ’n treffende voorkoms.

FOTO Instagram / Popsugar

Marí deel gereeld wenke op haar Instagram. Of besoek haar blog, Mooistemooi, vir nog idees.