Om slegs een Vogue-voorblad te kan hê is reeds 'n prestasie, maar 40 Vogue-voorblaaie is fenomenaal. Die Amerikaanse model en aktrise, Lauren Hutton het op 73 en 11 maande dit reg gekry om nie net die oudste persoon ooit op 'n Vogue-voorblad te wees, maar ook die persoon wat al die meeste kere op die Vogue-voorblad verskyn het. Sy is op die Oktober 2017-voorblad van die Italiaanse Vogue. Dié Oktober 2017-uitgawe het 3 verskillende voorblaaie met Lauren Hutton.

Wat dit nog meer buitengewoon maak is dat Lauren Hutton nie 'n voorstander is van plastiese chirurgie nie. In 2009 het sy aan die London Telegraph vertel: "Ons plooie is ons medaljes vir ons lewensmylpale. Hulle is 'n teken van wat ons deur was en wie ons wil wees. Ek dink nie ek sal ooit aan my gesig sny nie, want sodra ek dit gesny het, sal ek nooit weet waar ek was nie."

Sy het op 27 Amerikaanse Vogue-voorblaaie en 13 ander internasionale Vogue-voorblaaie verskyn.

Lauren Hutton se eerste Amerikaanse Vogue-voorblad was in November 1966.

Lauren Hutton - Amerikaanse Vogue November 1966


Haar Junie 1973-voorblad vir die Amerikaanse Vogue, sy was ook op hul Augustus- en Oktober-voorblad in daardie jaar.

Lauren Hutton op die Amerikaanse Vogue Junie 1973



In 1988 deel Lauren Hutton die Italiaanse Vogue-voorblad saam die aktrise Isabella Rossellini en Duitse model Veruschka von Lehndorff.



Nog 'n Italiaanse Vogue-voorblad volg in Desember 1993

Lauren Hutton op die voorblad van die Italiaanse Vogue Desember 1993



In Mei 2006 verskyn Lauren op die voorblad van die Spaanse Vogue.

Lauren Hutton op die voorblad van die Spaanse Vogue Mei 2006



In November 2012 deel sy die Franse Vogue se voorblad met Oekraïens-Kanadese model, Daria Webowy & Amerikaanse model Stephanie Seymour.

Lauren Hutton op die voorblad van die Franse Vogue, November 2012



Die Italiaanse Vogue van Oktober 2017 word opgedra aan vroue ouer as sestig.

Italiaanse Vogue Oktober 2017



Italiaanse Vogue, Oktober 2017



Italiaanse Vogue, Oktober 2017



Het jy geweet dat daar drie Suid-Afrikaners al op die voorblad van die Amerikaanse Vogue was?

Charlize Theron met 6 voorblaaie:

Charlize Theron op die Amerikaanse Vogue voorblad



Alexa Singer met 8 voorblaaie:

Alexa Singer op die voorblad van die Amerikaanse Vogue

Georgina Grenville met 3 voorblaaie:

Georgina Grenville op die voorblad van die Amerikaanse Vogue in 1997



Dink jy ook Lauren Hutton lyk ongelooflik vir haar ouderdom?

Bronne:

WWD

Mail online