Die stilering van jou hare is dikwels die laaste ding op jou doen-lysie. Die perfekte uitrusting is gekies, maar jy weet nie wat om met jou hare te doen nie. Of dit nou vir ’n troue, spesiale afspraak of net skemerkelkies saam met vriendinne is, hier’s hoe jou haarstyl jou volgende uitrusting kan komplementeer. Die geheim? Jou uitrusting se neklyn verklap als.

Hier volg ’n paar riglyne:

1. Hoë neklyn

Dit sluit in ’n polonek en ’n halternek. Die beste haarstyle by dié neklyne is ‘n opstyl soos ‘n stywe, hoë bolla. Hierdie neklyne maak gewoonlik ‘n stelling en jy wil dit nie onder los hare wegsteek nie. ‘n Bob pas ook perfek by dié neklyne.

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
Emma Watson arriving for the premiere of the film
FOTO Getty Images/ Gallo Images

2. V-neklyn of lae halslyn

Hierdie neklyne is sexy en jy wys behoorlik cleavage. As jy die cleavage wil beklemtoon, is ‘n opstyl jou eerste opsie. Dra egter jou hare los as jy nie te veel fokus daarop wil plaas nie.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images


FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images

3. Ronde of vierkantige neklyn

Om jou hare in los, sagte krulle te dra is die treffendste en skep ‘n sagte voorkoms. Reguit hare is ook ‘n goeie keuse. En wat van die gewilde pixie-haarstyl? Dit komplementeer die neklyn ook goed. Stileer jou hare met ‘n effens deurmekaar kuif en jy skep onmiddellik ‘n moderne voorkoms.

FOTO: Getty Images/ Gallo Images
FOTO: Getty Images/ Gallo Images
NEW YORK, NY - SEPTEMBER 27: Kate Mara attends th
FOTO Getty Images/ Gallo Images

4. Bandjieloos of afskouer 

Los hare en ‘n opstyl pas hierby. As jy ‘n sexier voorkoms wil hê, kies eersgenoemde. Vir ‘n meer konserwatiewe voorkoms, dra jou hare eerder los.

FOTO: Getty Images / Gallo Images
FOTO: Getty Images / Gallo Images
BEVERLY HILLS, CA - JANUARY 06: Emmy Rossum arriv
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Nou kan jy hare stileer wat jou uitrusting komplementeer!