Deesdae besef ál meer mans dat jy beoordeel word op grond van jou voorkoms. Ja, manne, dis belangrik dat ons die regte indruk skep!

Noudat die somer hier is, is dit tyd om bietjie na jou klerekas te kyk.

Vir die somer verkies ek neutraler kleure – die hitte is geen grap nie, so hou dit koel!

Hier’s ’n paar styl-wenke

1. Chino- en denimkortbroeke is seisoen ná seisoen ’n wenner. En kakie is ’n neutrale kleur wat by alles pas.

FOTO Instagram

2. Polo-T-hemde is perfek by jou kortbroeke.

FOTO Instagram

3. Dan my gunsteling: liggewig-hemde in ’n klassieke styl. Dit is stylvol en kan formeel of informeel gedra word.

FOTO Instagram

4. Nog ’n gunsteling van my en ’n groot trend dié somer is hemde met ’n blommotief.

FOTO Instagram

5. Vir meer formele geleenthede, kies ’n chino-langbroek of netjiese paar jeans.

FOTO Instagram
FOTO Instagram

6. Wit tekkies is jou beste opsie vir die somer. Dit is veelsydig en werk by enige uitrusting.

FOTO Instagram