Dink jy aan Suid-Afrika sal die ikoniese Tafelberg beslis in jou gedagtes kom kuier. Dis nie net een van die kenmerkendste natuurbakens nie, maar was ook in 2011 as een van die nuwe sewe natuurwonders aangewys.

Toeriste besoek daagliks vir dié berg om die landskap reg rondom dit te bewonder. Hollywood bekendes is ook lief daarvoor om dié berg uit te klim. Justin Bieber, Julianne Hough, Nina Dobrev, Forrest Whitaker, Oprah Winfrey, Tina Turner en Ed Sheeran was net van die ster-besoekers.

Hier is ’n paar van hul kiekies: 

View this post on Instagram

A post shared by Julianne Hough (@juleshough) on

 

Nou kan jy die pragtige berg op jou vingers dra. Shimansky, een van Suid-Afrika se vooraanstaande juwelierswinkels, het nou ’n reeks ringe uitgebring wat in die vorm van Tafelberg is en ons is gaande daaroor. Van witgoud tot roosgoud, versier met diamante of selfs plein. Dis ’n  item wat uniek is aan Suid-Afrikaners.

Wil jy só ’n ring vir iemand spesiaal of selfs vir jouself aanskaf? Die kosprys begin by R980 en eindig by R9 950.

Kyk hoe mooi is die ringe!

Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky
Shimansky

Besoek Shimansky se webtuiste vir meer inligting