Jou afspraak met daai iemand spesiaals is net om die draai en dit maak nie saak of  jy en jou geliefde piekniek gaan hou, by ’n kersligete gaan aansit of sommer tuis gaan bly nie: Ons het ’n uitrusting vir JOU!

Tip: Voeg die romantiese-flair aan deur elemente van rooi of pienk in jou uitrusting in te korporeer. Kyk na die volgende voorbeelde vir inspirasie:

UITRUSTING 1

Pienk-beblom

Vier die dag met pienk! Pienk is vroulik en romanties  en daarom is daar nie ’n beter kleur om te dra nie. Ons het ’n elegante pienk rok gekies met ’n blompatroon (dis immers hoogmode). Rond die uitrusting af met nog pienk items: Blospienk hoëhakskoene, ’n pêrel-versierde palmhandsak en hang oorbelle.

En die beste van hierdie uitrusting? Jy kan dit altyd weer na ’n troue dra. 

Uitrusting 1


1. Rok (R749), H&M

2. Skoene (R999), Forever New

3. Palmhandsak (R799), Forever New

4. Oorbelle (R449), Mimco

UITRUSTING 2

Tuisbly

Dra dié denim en T-hemp wanneer jy en jou geliefde wil tuisbly en wéér The Notebook of How to Lose a Guy in Ten Days wil kyk. As julle daarna roomys by die naaste kafee wil gaan eet, rond die uitrusting af met ’n paar sandale, ’n armband en ’n swart fedora-hoed. Jy kan ook ’n tikkie rooi byvoeg – ons is mal oor die rooi palmhandsak!

Uitrusting 2

1. T-hemp (R399), Mango

2. Denim (R599), Woolworths

3. Sandale (R1 895), Spitz

4. Handsak (R229), Spree

5. Fedora-hoed (R449), Forever New

6. Armband (R630), Pichulik

UITRUSTING 3

Kersligete

Mooi in rooi getooi. Dra hierdie elegante rooi rok vir ’n meer formele geleentheid. Dit kan enigiets van ’n heerlike kersligete, teaterproduksie of skemerkelkies in sluit.

Die figuur-vleiende noupassende rok sal beslis jou date se kop laat draai. Rond die uitrusting met swart gedetailleerde bykomstighede af – hakskoene (met kunspêrels), Art Deco-inspirëerde oorbelle en ’n swart palmhandsak met geborduurde blomme. Rooi en swart is immers ’n romantiese kleurkombinasie. 

Uitrusting 3

1. Rok (R1 099), Woolworths

2. Skoene (R5 295), Spitz

3. Palmhandsak (R249), Mango

4. Oorbelle (R149, H&M

UITRUSTING 4 

“Girls’ night out”

Nie ’n date nie? Neem die dorp op horings saam met ’n paar vriende in hierdie swart rok!

Uitrusting 4

1. Rok (R429), H&M

2. Skoene (R529), H&M

3. Handsak (R499), Spree

4. Sonbril (R249), Cotton On

UITRUSTING 5

Piekniek

Pak ’n mandjie met kaas en ’n bottel vonkelwyn en gaan hou piekniek. Vir hierdie uitstappie kan jy sommer ’n helderpienk eenstuk kies – dis beide lig en gemaklik. Rond die uitrusting af met ’n handsak, fedora-hoed en ’n paar sandale.  

Uitrusting 5

1. Eenstuk (R699), Poetry

2. Hoed (R250), Poetry

3. Skoene (R699), Witchery

4. Handsak (R699), Witchery

5. Armband (R580), Famke