Verlede jaar het die jaarlikse Victoria's Secret-vertoning in Shanghai, China, plaasgevind. Die Franse modehuis Balmain was toe verantwoordelik vir die sexy ontwerpe.

Onthou jy nog die vertoning?

Vanjaar se vertoning word in New York gehou. En die ontwerper? Mary Katrantzou. Dié Griekse ontwerper is bekend vir haar "buite-die-boks" ontwerpe met gemengde patrone en kleure.

Kyk net hoe mooi is van haar vorige modereekse:


Nou kan ons nie wag om te sien wie vanjaar die modelle gaan wees nie!