Of dit nou vir werk is of net kuier saam met vriende - jy probeer altyd om jou beste voetjie voor te sit.

Tog is daar vyf modeflaters wat jou uitrusting eenklaps slordig laat lyk. Selfs ek, SARIE se moderedakteur, is soms skuldig!

Gelukkig is die foute maklik om reg te stel.

FOUT 1:  Jy dra nie die regte grootte bra nie

'n Bra moet perfek pas. Te groot en dit maak lelike duike. Te klein en jy sit met 'n "double boob".

FOTO: www.instagram.com



FOUT 2:  Jy dra nie die regte kleur onderklere nie

Maak áltyd seker jou onderklere skyn nie deur nie. 'n Rooi broekie onder 'n wit broek werk nou maar eenmaal nie.

FOTO: www.instagram.com

FOUT 3:  'n Rekkie om jou arm

Rekkies is nié armbande nie en lyk beslis nie mooi nie. Hou dit liefs in jou handsak vir wanneer jy jou hare wil vasmaak. Ek is self skuldig hieraan!

FOTO: www.SARIE.com

FOUT 4:  Jou hakskene of tone hang oor jou skoene

Koop eerder skoene wat effe groter is as jou voete. Dit help nie jy forseer jou voete in 'n skoen wat te klein is nie! Dis boonop sleg vir jou voete.

FOTO: www.instagram.com

Fout 5:  Jou klere sit te styf 

Stywe klere is 'n groot trend, danksy die Kardashian-susters. Maar dit moenie lyk of jy uit jou nate wil bars nie! Die geheim is vormdrag en presies die regte nommer. Enigiets wat 'n hobbel maak, moet vermy word.

FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Is jy skuldig aan een van dié mode-sondes?