Ons was ons hande pligsgetrou, het byna die gewoonte afgeleer om aan ons gesig te vat en al die oppervlakte in ons huis is goed skoongemaak. Wat van die wasgoed?

Die Amerikaanse CDC (Centers for Disease Control and Prevention) het vasgestel dat die virus tot nege uur lank op oppervlakke kan oorleef. Dit sluit selfone, toonbanke en selfs klere. 

Sommige van ons sal tydens die staat van inperking ons huise of woonstelle moet verlaat om inkopies te kry of medikasie aan te skaf. Sodra jy terugkeer probeer om dadelik jou klere te was. Doen dit natuurlik op ’n verantwoordelike manier en probeer om jou uitstappie te beplan rondom ’n tyd waar jy ’n bondel wasgoed het, sodoende mors jy nie kosbare water nie.

Volg dié wasgoed-wenke

1. Trek jou klere onmiddellik uit, sodra jy by die huis kom en gooi dit in die wasmasjien. Was jou hande dadelik. 

2. Dra handskoene as jy werk met jou vuil wasgoed.

3. Was jou klere in warm water - maak net seker of die instruksies van jou kledingstukke laat dit toe.

4. Sondroog jou klere.

5. Was jou hande met seep ná jy jou handskoene af gehaal het

6. Hou die oppervlak skoon en ontsmet waar jy jou klere plaas, struik en opvou.

7. Indien jy nie jou wasgoed in warm water kan was nie, beveel ons aan dat jy jou klere in die son laat droog en om dit te stryk.

Nóg wasgoedwenke

Hierdie is sommer wenke wat handig te pas kom.

* Was jou denim met die binnekant buitentoe, dit verhoed dat jou denim se kleur sal afgee.

* Rits al die ritsluiters op, dit verhoed dat jou ander klere beskadig word tydens die wasproses.

* Plaas jou onderklere in kussingsloop, dit verhoed dat dit onnodig rek.

Wenke as jy moet stryk:

Nie almal het strykysters nie, sommige van ons kan ook nie stryk nie.  Hier is vier alternatiewe om jou klere te “stryk”.

1. Stileeryster

Jy kan jou stileeryster (straightner) gebruik om kleiner areas, soos jou kraag, te stryk. Indien jy bang is dat jy jou item gaan brand, plaas ’n lap tussen die item in die stileeryster.

2. Stort 

Hang jou klere in die badkamer naby die stort, sal help om die kreukels uit te vat.

3. Ketel

Gebruik dit as ’n stomer, die stoom help met daai lastige kreukels. Wees net versigtig dat jy nie jouself brand nie.

4. Haardroër

Spuit die item klam met water en blaas dit droog met dan droog met jou haardroër