Jou uitrusting is in die kol en met jou sonbril op is jy reg vir die dag. Maar kort-kort gly daai sonbril af en dit raak net erger soos die dag warmer word. Dis seker een van die grootste irritasies onder die son(bril)!

Maar het jy geweet daar is 'n eenvoudige wenk om hierdie frustrasie uit jou lewe te sny?

Wat het jy nodig?

Oogskadu-basislaag (primer).

Hoe werk dit?

Smeer die oogskadu-basislaag op die brug van jou neus, waar die bril rus.

Wat is die truuk?

Die basislaag verhoed dat die brug van jou neus olierig word. Dit skep 'n "taaier" oppervlak waaraan die bril kan klou sonder dat enigiemand iets sal oplet.

 

NYX Professional Makeup Proof It Waterproof Eyeshadow Primer (R142, 95), by Clicks

Lees meer oor basislae hier.

Die groot sonbril-trend vir 2018? Klein sonbrille - hoe kleiner, hoe beter!

Gigi en Bella Hadid, Kourtney Kardashian en vele ander bekendes is deesdae weer gaande oor hul kleiner sonbrille.

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

A post shared by ?? (@bellahadid) on

Hier's 'n paar sonbrille in plaaslike winkels  - perfek vir daai trend.

R399, Mango

R49, 99 Mr Price / mrp.com

(Prys op aanvraag), Vogue by Luxottica

(Prys op aanvraag), PRADA by Luxottica

Geniet jou nuwe sonbril sonder dat dit afgly!