Dis nou die perfekte tyd en verskoning om jou klerekas uit te sorteer voor winter kom. Nie net gaan dit jou besig hou nie, maar jy gaan sommer ook opnuut besef hoeveel klere jy het waarmee jy stylvolle uitrustings kan bou. 

FOTO Instagram / Jeanne Damas

Wenke om jou kas behoorlik uit te sorteer

Stap 1: Sorteer uit

Plaas al jou baadjies, truie, hemde en jeans in hope bymekaar. Sodoende kan jy dadelik sien watter items jy nog wil dra, watter gaar gedra is en watter nog reg is vir die seisoen. 

Onthou: Die volgende somer-items moet jy nie wegpak nie: T-hemde, rompe en rokke. Dra dit net met sykouse op kouer dae.

Stap 2: Stoor en skenk

Plaas alle items wat nog in ’n goeie toestand is maar wat jy nie meer wil dra nie, in ’n swartsak. Jy kan dit skenk sodra die inperking verby is.

Stap 3: Meng en pas

Nou is die tyd om jou geldsake goed te bestuur. Kyk hoeveel unieke uitrustings jy met jou bestaande klerekas kan stileer. Meng en pas, maak notas, speel rond. Werk ’n sisteem uit wat vir jou werk.

Stap 4: Winter

Kyk nou watter items jy nodig het vir die winterseisoen. Pak dit wat jy nie gaan dra nie, weg in ’n tas en stoor tot die volgende somerseisoen.

Is dit in jou kas?

As jy hierdie klassieke items in jou kas het, kan jy reeds vyf uitrustings skep. Indien nie, kan jy oorweeg om van die items te koop.

Koop dit hier:

Trench-jas

Wit/ligblou hemp

Swart enkelstewels

Kêrelsnit-jeans

Klassieke swart baadjie

Leerbaadjie

Swart go-to rok

Wit T-hemp