Dis die een item wat in feitlik elke klerekas voorkom. Winter en somer. Ja, daardie gunsteling-paar jeans wat jy nou weer saam met jou snoesige trui en stewels gaan dra.

Maar in die nuwe seisoen verskyn hy in ses verskillende vorms. Hou solank jou gunsteling-item in jou aanlyn koopmandjie of pak jou eie DIY-projek aan.

1. Uitgebleik

Jeans wat lyk asof jy dit al jare gedra het.

2. Jeans met wye pype

Hierdie tendens is terug in sy volle glorie.

3. Uitgerafel

Ná al die jare is dit steeds gewild.

4. Culotte & bo die knieë

Hierdie styl lyk absoluut fantasties saam met daai lang stewels.

5. Hoëmiddel-jeans

Hierdie snit is vleiend vir almal.

6. Detail by soom

Watter een is jou gunsteling?