Nou ja, ons weet giere kom ewe gou as wat dit gaan op Instagram, maar een ding bly staan: op dié sosialemedia-platform wil almal op hul beste lyk. Filters, poses ... en nou Barbie-voete.

Wat is dit?

Ons moes ook 'n oomblik kopkrap, maar dis heel eenvoudig: 'n Barbie-pop staan altyd op haar tone, en dis wat jy ook op foto's moet doen.

Hoe werk dit?

As jy 'n foto met Barbie-voete wil neem, moet jy verkieslik kaalvoet wees. Die rede is dat dit jou bene langer laat lyk, aangesien die lengte van jou voet by jou bene gevoeg word. En dít skep die illusie dat jy slanker is! 

A post shared by Barbie® (@barbiestyle) on


Bekendes soos die Kardashians volg natuurlik reeds die trend. Of het hulle dit begin? In die vinnige wêreld van sosiale media is ons nie seker nie. 

Hier volg 'n paar voorbeelde:

A post shared by ?? (@bellahadid) on

A post shared by Farrah Aviva (@farrahaviva) on

A post shared by Chanel Iman (@chaneliman) on

A post shared by Romee Strijd (@romeestrijd) on

A post shared by Kendall (@kendalljenner) on

Ja, Instagram hou ons op ons tone ...