Dit maak nie saak watter soort nie, maar weet dat 'n belt die moet-hê-item is vir die seisoen!

Om jou middellyf te beklemtoon is terug as een van dié trends vir Herfs/Winter 2018. 

Jy sien dit op die loopplanke in alles van korsetstyle tot belde, maar dis veral die wye en geknoopte belt wat gewild is.

Jy kan belde by enigiets dra, wat dit 'n baie veelsydige mode-item maak. Die winter is 'n lang seisoen (of so voel dit!) en om dieselfde baadjie dagin en daguit te dra kan nogal saai raak. Dra verlede seisoen se baadjie met hierdie trend, en siedaar: jy het 'n splinternuwe klerekas.

Stileer jou middel soos die modelle:

Dra dit oor jou baadjie – dit is immers hoogmode!

Dit lyk ook mooi by 'n rok of romp.

Beklemtoon jou middel soos Carolina Herrera se modelle.


Koop die nuutste trend hiér:

Vir die waaghalse:

1. Tweekleurige satynbelt, R299, Mango.

2. Middellyfband, R499, Country Road.

3. Babablou belt, R149, Spree.

Vir 'n eenvoudiger opsie:

1. Leerbelt, R229, H&M.

2. Leerlusbelt, R250, Poetry.

3. Middellyfbelt, R699, Witchery.

Wenk: Een van die gewildste materiale op die loopplanke was leer - wat altyd 'n goeie keuse is. Die beste is dat dit nooit uit die mode gaan nie!

Só kan jy jou belt knoop:

Foto: Instagram / @camelia_ccs

Bronne:

https://www.vogue.com

https://www.popsugar.com

https://www.pouted.com