Dis nie net ons wat Desember see toe stroom nie. Ook Hollywood-sterre span graag op die strand uit. Die aktrises Julianne Hough en Nina Dobrev het selfs in die Kaap 'n draai kom maak!

Die SARIE-modespan was nuuskierig oor watter swembroeke bekendes die feestyd gedra het en het op Instagram gaan kyk.

Hier’s die gewildste swembroek-tendense:

Eenstuk

Bekendes dra graag die snit, maar wys deesdae meer vel – met 'n lae rug of uitsny-detail. Helderkleurige eenstukke is ook gewild.

Sportstyl

Die mono-bikini-bostuk is nog 'n groot tendens, want dit pas in by die sportiewe voorkoms. 'n Vleiende snit vir vroue met klein borste.

View this post on Instagram

Trying to find Nemo ??

A post shared by Nina Dobrev (@nina) on

Driehoekige bikini-bostuk

Dit sal altyd 'n wenner bly.

 

Piepklein broekies

Hoe kleiner, hoe beter, lyk dit. Dié bekendes dra veral deurtrekkerstyle of broekies wat by die heupe uitgehol is.