In die 1950's het Hollywood-ikone soos Marilyn Monroe en Elizabeth Taylor hul seksgodin-status met hul stywe laehals-rokke uitgeleef. En vandag se sterre wys nog net so graag cleavage met bekendes soos Scarlett Johansson, Kim Kardashian en Jessica Chastain wat gereeld op die rooi tapyt met hul bates spog.

Maar oor die jare het nuwe "cleavage"-giere tog gekom en gegaan. Van die toon, onderbors, rug en nou ... die heup.

Ja, in 2018 wys vroue graag hul heupe. Hulle dra byvoorbeeld jeans met 'n hoëgesnyde broekie of swembroek wat hul heupe wys. Of jy dra die swembroek net so (dink maar aan die bekende Baywatch-swembroek) of as 'n gim-uitrusting. Die lyne van die broekie het dan 'n cleavage-effek by die heupe.

Wat dink jy van die trend? Ons is nie groot aanhangers nie.

FOTO Instagram / Bella Hadid

Onthou jy nog dié ou cleavage-trends?

Toon-cleavage (2002)

FOTO Instagram

Sybors-cleavage (2010-2012)

Dis steeds gewild.

FOTO Instagram

Been-cleavage (2015)

Dis 'n baie hoë spleet in die middel van jou rok of romp. Onthou jy nog vir Angelina Jolie in daai swart rok? 

FOTO Instagram

Boud-cleavage (2015)

Kylie Jenner het dit begin. Daar's letterlik 'n skeur op die boud van jou jeans.

FOTO Instagram

Mans-cleavage (2017)

Onthou jy nog Harry Styles se cleavage?

FOTO Instagram

Rug-cleavage (2017)

FOTO Instagram

Onderbors-cleavage (2017)

Kort toppies met die onderbors wat uitsteek.

FOTO Instagram