Verveeld gaan jy nie dié seisoen wees nie. Daar’s die spel van teksture teenoor die blink afwerking van silwer; die strakker grys pak versus sagter folklore; terwyl die sportiewe voorkoms meer glans kry en die kantooruitrusting meer kleur.

FOTO Glen Montgomery van Supernova

TEKSTUUR

Gee uitrustings diepte en warmte met tekstuur – van fraiings, fluweel, kunspels en gebreide items tot vere. Dra dit laag op laag en raak kreatief met hoe jy dit saam dra.

Bloes met tossels (R879), Zara. Jeans met kunspêrels (R449,95), Free2BU by Edgars. Kunspelsbaadjie (prys op aanvraag), Ted Baker. Insteekskoene (R749), Charles & Keith.

SILWER

Met NASA se planne om mense teen 2030 na Mars te stuur, is daar nuwe fokus aan die modefront op die buitenste ruim. Chanel het selfs sover gegaan om ’n ruimtetuig as deel van hul loopplankvertoning te hê. As jou fokus op die toekoms is, kyk uit vir silwer items. Nog beter, dra dit van kop tot toon.

Silwerkleurige trui (R329), H&M. Midi-slooprok (vanaf R1 200), Mango. Silwerkleurige stewels (R650), RE by Woolworths. Oorbelle (R179), H&M.

GRYS PAK

As jy soek na iets wat selfvertroue uitstraal, dan is die grys pak vir jou. Met ontwerpers soos Calvin Klein, Celine, Alexander McQueen en Alexander Wang wat elk hul eie weergawe van dié pak het, het jy die keuse om een te kies wat by jou pas – van ’n wyepyp- tot noupassende broek, dubbelbors- tot gewone snyersbaadjie, en grys ruitstof tot gewone grys materiaal.

Eenstuk (R799), Woolworths. Snyersbaadjie (R999), Woolworths.

FOLKLORE

Klere met borduur-, laslapen kwiltwerk wat lyk asof dit handgemaak is, is weer op die voorgrond. Ontwerpers se weergawes wissel van Amerikaanse cowboy-inspirasie tot langmou-maksirokke wat jy informeel kan dra.

Langmou-maksirok met blompatroon (R899), H&M. Denimbaadjie met tossels en borduurwerk (R1 299), Zara. Kniehoogte stewels van leer (R3 199), Dune. Belt van kunsleer (R279), Charles & Keith. Fedorahoed (R925), Simon and Mary by Tread + Miller.

SPORTIEF

Sport-items kraai steeds koning, maar dié winter kry die voorkoms ’n glansryke afwerking. Speel met gestreepte items saam met jou gunsteling-donsbaadjie of -skaapwolbaadjie en rond die voorkoms af met kandelaaroorbelle, skemerkelkie-ringe en glansryke hakskoene.

Noupassende breistof-maksirok (R659), Zara. Grys langbroek (R599), Zara. Vlieënierbaadjie met kunspels-detail by die kraag en moue (R1 299), Zara. Silwerkleurige kunsleerhaksoene met enkelbandjie (R499), Footwork, aanlyn te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za/sarie (SOEK Zucca High Heels Silver). Bonkige ring met groen steen (R399), Accessorize. Kandelaaroorbelle (R299), Accessorize

BEROEPSVROU

Die alternatief vir ’n potloodromp en bloes is ’n oopknoopromp of asimmetriese romp bo-oor ’n rok. Die groot geheim is hoë stewels in helder kleure, of helder skoene met bypassende kouse om jou kantooruitrusting af te rond.

Geel midirok (R899), H&M. Noupassende denimromp (R799), Topshop. Rooi stewels tot bo die knie (R1 899), Steve Madden by Edgars. Rooi kunsleerskouersak met streepdetail (R349), STYLE REPUBLIC, aanlyn te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za (SOEK Striped Tote Bag Red).