Die afgelope naweek was dit weer die MTV-fliektoekennings in Santa Monica. Dis 'n geleentheid waar bekendes uithang en gewoonlik meer gewaagde uitrustings, hare en grimering dra.

Verskeie trends was op die rooi tapyt te sien:

Metaalkleure, in uitrustings én grimering. Bekendes soos Mandy Moore, Kim Kardashian, Tiffany Haddish, Cristin Milioti en Madeleine Petsch het gepronk in metaalkleure. Kim se gevlegte haarstyl het ook verras.


Kim Kardashian. FOTO: Getty / Gallo Images


Tiffany Haddish FOTO: Getty / Gallo Images


Madelaine Petsch FOTO: Getty / Gallo Images

Mandy Moore FOTO: Getty / Gallo Images

Cristin Milioti FOTO: Getty / Gallo Images

Lili Reinhart, Camila Mendes, Alison Brie en Kristen Bell het die deursigtige trend gevolg. Party het been gewys en ander skouer. Alison het ’n hoë bokstert gedra wat die gewilde 80’s-haarstyl nageboots het. Camila se katoog-oogomlyner was treffend.

Lili Reinhart FOTO: Getty / Gallo Images


Camila Mendes FOTO: Getty / Gallo Images


Alison Brie FOTO: Getty / Gallo Images

Kristen Bell FOTO: Getty / Gallo Images

Broekpakke en jasse was weer gewild. Yara Shahidi het haar tydlose pak met 'n geknoopte belt gedra. Jasmine Sanders, Amandla Stenberg en Delilah Belle Hamlin het die oorvoujas met 'n twist gedra. Yara het blou6 gedra wat haar blou pak gekomplementeer het, nog 'n trend wat die aand gesien is.

Yara Shahidi FOTO: Getty / Gallo Images
 
Jasmine Sanders FOTO: Getty / Gallo Images


Amandla Stenberg FOTO: Getty / Gallo Images

Delilah Bell Hamlin FOTO: Getty / Gallo Images


Hier's nog 'n paar bekendes wat die koppe laat draai het. Wat dink jy van hul uitrustings?

Kris Jenner FOTO: Getty / Gallo Images


Zendaya FOTO: Getty / Gallo Images


Aubrey Plaza FOTO: Getty / Gallo Images

* As jy nog van die modes wil sien, kan jy môre (Dinsdag) om 03:00 of die aand om 21:15 na MTV (DStv-kanaal 130) oorskakel.