Dit hoef nie daai een item te wees wat jy altyd op terug te val nie. Hier is vier uitrustings wat nie ’n denimbroek insluit nie.

FOTO Instagram @olviapalermo
FOTO Instagram / OlIvia Palermo

1. Middelsak

Die middelsak is al vir ’n geruime tyd ’n modieuse item, wat jou uitrusting eenklaps ’n moderne aanslag gee. Om die middelsak deur jou jean se lussies te dra, kan baie slordig voorkom. Los die denimbroek en dra die middelsak eerder saam met jou rok, dit gee jou uitrusting ’n moderne aanslag.

 Uitrusting-idee:

Middelsak
Middelsak

Middelsak, Steve Madden by superbalist.com

Rok, Mango

Stewel, Steve Madden

2. Bloes

Ja, ’n bloes en denimbroek is ’n wen-kombinasie. Maar dink uit daai denimbroek-boks. Trek die mooi bloes onder ’n rok aan, hierdie kan ’n baie stylvolle voorkoms skep.

Uitrusting-idee:

Bloes
Bloes
 

Bloes, Zara

Rok, Mango

Stewels, Steve Madden

Tekkies, Diesel by Superbalist.com

Handsak, Spitz

3. T-hemp

Nóg ’n uit-die-denimboks-oomblik. Kombineer dit met ’n netjiese broek of selfs ’n khaki-broek, dit gee net daardie ekstra flair.

Uitrusting-idee:

T-hemp
T-hemp

 T-hemp, Zara

Satynbroek, Mango

Baadjie, Country Road by Woolworths

Handsak, Mango

Halsnoer, Loviisa

Tekkies, Gucci by Net-a-porter

4. Polohemp of rugbyhemp

Nee, jy is nie Naas Botha uit die 1990’s nie. Nee, ’n groot enorme nee. Die kombinasie saam met jou denimbroek kan net slordig voorkom. Dra dit saam met ’n romp en moenie bang wees om dit saam met ’n romp van blinkstof te stileer nie.

Golfhemp
Golfhemp

Uitrusting-idee:

Golfhemp, Zara

Blinkerromp, Net-a-porter

Pofferjas, Zara

Handsak, Foschini

Tekkies, Asics by superbalist.com

Tekkies, Karl Lagerfeld by Europa Art