Ja, dis ’n staatmaker in jou klerekas: Jeans. Kort, lank, uitgebleik, vol blinkers, vol gate, met uitklokpype, noupassend, laag op laag. Oor die jare het talle jeans-trends gekom en gegaan. Nou is daar ’n nuwe een wat kop uitsteek: Asimmetriese jeans.

Hoe lyk die jeans? Een broekspyp is noupassend en die ander het ’n wye pyp.

Die SARIE-modespan is nie gaande oor die tendens nie. Maar indien jy kans sien daarvoor, kan jy die jeans by Ksenia Schnaider se aanlyn winkel aanskaf.

Wat dink jy hiervan?