In die modewêreld is daar gedurig nuwe trends wat kop uitsteek. Sommige bly, ander waai gou oor. En dan is daar die trends van toeka wat ’n terugkeer maak.

Met van hulle het ons al vrede gemaak, maar met ander? Ons wens hulle het eerder in die verlede vertoef.

Hier is nege trends wat vanjaar in die winkels gaan verskyn.

1. Tie-dye

In die 1960’s het die blommekinders graag hul klere met ’n mengelmoes van helder kleure en knooptegnieke gekleur. In die 90’s was die trend terug en selfs kinders het graag tie-dye-partytjies gehou. Ongelukkig is dit nou ná al hierdie jare wéér terug.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

2. Platformsandale

’n Sandaal met bonkige, ekstra-hoë sole. Nie my gunsteling nie, maar ek kan daarmee saamleef. Onthou: Sulke sandale kan jou uitrusting "hard" laat lyk. 

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

3. Cargo-broeke

Dis seker een van die onvleiendste style wat daar is. Hoekom? Die sakke sit áltyd op die verkeerde plek.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

4. Hekelwerk

Gehekelde toppies, rompe en rokke is terug. Dit kan mooi lyk, maar oppas vir te veel, dit kan koekig lyk.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

5. Skouerkussings

Hallo, 80’s en 90’s! Dis sekerlik een van dié aakligste tendense vir vroue. Dis onvleiend! Wie wil hê hul skouers moet groter lyk as wat dit is?

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

6. Pofmoue

Dis nogal ’n oulike trend.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

7. Slangvel-motief

Dis ’n trend wat gerus kan bly. Jy moet dit net reg stileer.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

8. Heupsak

Die moon bag is nou een trend wat niemand verwag het sou terugkom nie, maar toe maak Gucci dit weer gewild. Dit kon maar gebly het! 

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

9. Neon

Ai, deesdae sien ons weer ’n klomp highlighters in die strate.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Hoe voel jy oor hierdie trends?