Om 'n pak te dra is baie gewild, of dit nou 'n grys pak, swart pak of ruitpatroon pak is, dis 'n goeie kopie vir jou klerekas. Stileer dit met 'n hakskoen of selfs modieuse tekkies, en jy't 'n wen-uitrusting. Maar het jy die nuutste tendens gesien? 'n Pienk pak in verskillende skakerings.

Die aktrise Gal Gadot lyk treffend in pienk. FOTO Getty Images / Gallo Images

Talle mense vermy om pienk te dra, maar in 'n pak lyk dit eintlik treffend. Jy sal beslis die aandag trek! Onthou: Pienk is nie net 'n somerkleur nie, jy kan dit beslis in die winter dra.

Pienk-op-pienk gaan al hoe meer gewild raak.

Die model Emily Ratajkowski lyk pragtig in haar ligpienk pak. FOTO Getty Images / Gallo Images
 
Die aktrise Rebecca Ferguson het haar pienk pak saam met 'n T-hemp gedra. FOTO Getty Images / Gallo Images

Wenke vir as jy 'n pienk pak aanskaf

- Koop 'n snit wat by jou figuur pas.

- 'n Rooilip sal altyd jou uitrusting afrond.

- Wit, rooi, pienk, blou of metaalkleurige sneakers (en hakskoene) sal pragtig by jou pak pas.

Die sanger Rita Ora het 'n helderpienk pak gedra. FOTO Getty Images / Gallo Images


Wat dink jy hiervan?

A post shared by Chelsea (@myforeverhomeinsta) on

A post shared by Handled (@handledconcierge) on