Die winterklere is alles op uitverkoping. Een van die dae pak die winkels hul somerreekse uit en kan ons weer in die son baljaar. Na watter modes kan ons uitsien in die nuwe seisoen?

Een Franse ontwerper het omtrent aandag getrek met sy Lente/Somer 2018-reeks. Simon Porte Jacquemus, stigter van die Jacquemus-modehuis, het 'n reeks bykomstighede ontwerp wat óf yslik groot óf piepklein is - letterlik. Kyk net: 

FOTO Jacquemus

Jacquemus is 'n gunsteling-ontwerper van bekendes soos Selena Gomez, Miley Cyrus en Emily Ratajkowski. 

Moet jou nie oor die son bekommer nie:

SEUL

A post shared by SIMON PORTE JACQUEMUS (@jacquemus) on

As jy van Checkers se Little Shop-reeks gehou het, sal jy mal wees hiéroor ... kan mens dit 'n handsak noem? 

« LA BOMBA », JACQUEMUS, été 2018

A post shared by SIMON PORTE JACQUEMUS (@jacquemus) on

Of wat van skoene met onpaar hakke? Elkeen 'n kunswerk op sy eie!

Jacquemus is nie ál ontwerper wat nou met vreemde bykomstighede eksperimenteer nie.

Unieke skoene en handsakke was vanjaar 'n kenmerk van verskeie ontwerpers se versamelings - ook groot name soos Givenchy, Versace, Missoni, Céline en Chanel.

Hier is Calvin Klein se hakskoene by die New York Modeweek:

Foto: Gallo Images / Getty Images

Givenchy se handsak by hul vertoning in Parys:

Foto: Gallo Images / Getty Images

Wat dink jy van die nuwe bykomstighede?