Laat ek net myself gou duideliker stel. Nee, ek bedoel nie trek ’n T-hemp aan en gaan lê op bank met ’n kussing nie ... hoewel daai eintlik na ’n fantastiese idee klink. Ek praat van ’n nuwe tendens, die T-hemp waaroor ek gaande is: Die T-hemp met skouerkussings.

Hoekom is ek gaande oor hierdie T-hemp? Nie net is dit ’n stylvol nie, maar dis ook vleiend. Die snit, met die ekstra hoogte wat deur die skouernaat gevorm word, laat jou arms skraler lyk.

Só dra mode-aanhangers hierdie T-hemp:

 


Dis hoogtyd dat die staatmaker T-hemp ’n makeover ondergaan het. En ek het ’n gevoel hierdie tendens gaan nog lank in die mode bly.

Hoe kies jy die regte T-Hemp vir jou liggaamsvorm?

Magdel se wenke:

*Vir groot borste beveel ek ’n v-neklyn aan - dis vleiend.

* Vir klein borste beveel ek ’n hoë neklyn, dit skep ’n meer informele voorkoms. Maar dra gerus ook die v-neklyn.

* Wen-kombinasie: Stileer jou T-hemp met ’n bonkige halsnoer.

Drie uitrusting-idees, drie geleenthede

Só sal Magdel dié tendens stileer:

1. Sonnige Saterdag!

Hierdie is perfek vir daai vinnige afspraak vir ontbyt. 

T-Hemp, Zara

Romp, Zara

Sandale, Espadril

Halsnoer, By Cara 

Oorbelle, By Cara

Handsak, Burgundy Collective

 2. Modieuse Middag

Hierdie uitrusting kan perfek wees as jy vir jou geliefdes of vriende vir middagete moet ontmoet. 

T-Hemp, Zara

Jean, Mango

Baadjie, Poetry

Hakskoene, Zara

Belt, Witchery

Handsak, Poetry

Oorbelle, Pichulik

Halsnoer, by Cara

3. Sexy Skemer

Gaan jy vir skemerkelkies? Probeer hierdie uitrusting.

T-Hemp, Zara

Romp, Zara

Hakskoene, Steve Madden

Skouersak, Steve Madden

Oorkrabber, Lovisa

Sonbril, Céline by Sunglass Hut

Reënbaadjie, MRP.com

Daarsy! Drie uitrusting, drie geleenthede en een fantastiese T-hemp.