Amandel is die nuwe neutraal. Ja, mode beweeg na warm ondertone en ligter kleure. Aan die begin van 2020 het Pantone, die internasionale kleurinstituut, verklap dat die kleur van amandel uiters gewild gaan wees in die modewêreld. Hierdie tendens sluit variasies soos amandelolie, amandelmelk en die kleur van dié neut se skil in.

Ongelukkig het die pandemie ons toe getref en die modewêreld was ook tot stilstand gedwing. Talle modeweke is afgestel en hierdie tendens het vir eers uit die kollig beweeg.

Maar nou is dit besig om behoorlik kop uit te steek, selfs in die wêreld van skoonheid en dekor. Hoekom is hierdie kleur so gewild? Dit laat jou uitrusting onmiddellik duursaam lyk en gee jou geleentheid om behoorlik met die verskillende amandelkleure in een uitrusting te speel. 

Magdel se eerste modewenk: 

Speel met teksture en waag vir die res van 2020! Moenie bang wees om van kop tot toon dieselfde kleur te dra nie, dit laat jou eenklaps stylvol lyk. Stileer jou klere laag-op-laag ... Klein veranderinge soos om jou moue op te stoot, ’n belt om jou middel te sit of jou broekspype om te rol, maak ’n reuse verskil.

FOTO Instagram @abeautyfeature
FOTO Instagram / A Beauty Feature

Amandel in die wêreld van mode

Dis hoe modeliefhebbers dié kleur dra:

- Hulle kombineer verskillende kleure vanuit die amandel-tendens.

- Hulle stileer bonkig saam met noupassend.

- Een item, ’n jas of selfs ’n handsak, sal ’n donkerkleur wees. Dit anker die uitrusting en gee dit ’n sjiek afronding. 

Laat die volgende modeliefhebbers jou inspireer. 

Só sal Magdel dié tendens stileer

Uitrusting 1: Oxford Muse

Leer en breistof is ’n uitstekende kombinasie, dit skep onmiddellik ’n indruk van luuksheid. Moenie bang wees om roomkleure saam met wit te stileer nie. Ja, daai modereël wat jou anderste aanraai, kan gerus van vergeet word. 

Koop die uitrusting:

Hemp, Poetry

Trui, mango

Broek, Zara

Hakskoene, Aldo

Halsnoer, Rubi by Cotton On

Hoed, Lack of Color

Palmsak, Kat van Duinen

Uitrusting 2: Minister van Mode

Neon en neutrale kleure is altyd ’n treffer. Daar is egter  ’n slim wenk: Kombineer een neon-element met ’n kleur wat die uitrusting gaan oorheers. In die geval is amandel die primêre kleur van hierdie uitrusting en die neon komplimenteer slegs dit. Laag-op-laag-stilering skep ook ’n modieuse voorkoms. 

Koop die uitrusting:

Rok, Country Road, Woolworths

Trui, Woolworths

Tekkies, Nike by superbalist.com

Oorkrabber oorbel, Foschini

Handsak, Zara

Sonbril, Dolce&Gabbana by Sunglasshut.com - prys op aanvraag. 

Uitrusting 3: Mejuffrou Informeel Formeel

Moenie bang wees om formele items te meng met informele items nie. Dis tans modieus en gewild, boonop sal jy gemaklik wees. 

Koop die uitrusting:

Top, Zara

Romp, Zara

Tekkies, Nike by Supernalist.com

Oorbelle, Lovisa

Skouersak, Steve Madden

Watter uitrusting is jou gunsteling?