Vergeet van die gewone swart of wit baadjie! Dié winter is daar veral een wat gaan koning kraai: Die grys baadjie. Dis veeldoelig, kan deur die dag én saans gedra word en is die moet-hê-item vir die koue seisoen.

Oral word bekendes nou in grys baadjies gesien. Ons hou veral van hoe die Britse model Rosie Huntington-Whiteley die baadjie dra. Sy is al verskeie keer in een gekiek.

Kyk net hoe jy nes sy jou grys baadjie op vyf verskillende maniere kan dra.

Uitrusting 1

FOTO Getty Images / Gallo Images

Dra jou grys baadjie saam met jou gunsteling-jeans vir 'n ontspanne voorkoms.


Uitrusting 2

FOTO Getty Images / Gallo Images

Die broekpak is hoogmode! Dra jou baadjie saam met 'n bypassende broek.

 

Uitrusting 3

FOTO Getty Images / Gallo Images

Dra jou baadjie saam met sexy hoëbeen-stewels.


Uitrusting 4

FOTO Getty Images / Gallo Images

Jy kan 'n langer baadjie ook as 'n rok dra. Bekendes soos Reese Witherspoon en Kim Kardashian het ook onlangs op die rooi tapyt hul baadjie so gedra.

Uitrusting 5

A post shared by Rosie HW (@rosiehw) on

Wys op 'n romantiese afspraak been deur jou grys baadjie saam met 'n miniromp en kniehoogte-stewels te dra.

 

Hier is 'n paar van ons gunsteling- grys baadjies en waar om dit te kry:

Baadjie, DAILYFRIDAY by Superbalist

Baadjie (R499), DAILYFRIDAY by Superbalist

 

Baadjie, Mango

Baadjie (R1 399), Mango

 

Baadjie, Cotton On

Baadjie (R699), Cotton On

 

Baadjie, Mr Price

Baadjie (R150), Mr Price

 

Baadjie, Witchery by Woolworths

Baadjie (R2 218), Witchery by Woolworths

 

Baadjie, STYLE REPUBLIC by Spree

Baadjie (R599), STYLE REPUBLIC by Spree