Tekkies is 'n reuse-trend. Vroue trek dit by alles van rokke en broekpakke tot eenstukke aan. Maar 'n hakskoen is steeds broodnodig in jou klerekas. Hoekom? Dis deftig en elegant en rond 'n uitrusting af. Maar daar is 'n paar moenies om te onthou ...

5 moenies met hakskoene

1. Hakskoene met 'n kortbroek

Jy kan die mooiste bene hê, maar dié kombinasie werk bitter selde. Dra jou kortbroek eerder met enkelstewels of espadrilles.

Hier's jou oplossing:

2. Platformhakke met 'n kort miniromp

Dit gaan doodeenvoudig totaal buite verhouding lyk. Daar is twee goue reëls vir skoene by rompe.

Reël 1: Indien die soomlyn bo die knie is, kan hakskoene "goedkoop" lyk. Dra eerder enkelstewels, tekkies of brogue-skoene. 

Reël 2: Is die soomlyn onder die knie, kan jy jou hakskoene dra.

Hier's jou oplossing:

3. Ooptoonskoene met 'n wyepypbroek

Nee en nogmaals nee. Niks omtrent dié kombinasie lyk of klink modieus nie. 

Hier's jou oplossing:

4. Hakke met leggings 

Hou jou oefenbroek vir die gimnasium en dra dit saam met tekkies. Die groot sport-trend kan gou verkeerd loop as jy nie jou kombinasies reg het nie.

Hier's jou oplossing:

5. Enige hakskoen waarop jy sukkel om te loop

Niemand wil soos 'n pasgebore kameelperd lyk nie. Niks aan 'n hakskoen is vleiend as jy nie daarin kan loop nie. Gemakliker, veiliger keuses is blokhakke en stewels (lank of kort) - dit bied meer ondersteuning om jou voet.

Hier's jou oplossing:

Bron: Purewow