Ek was baie bevoorreg om my matriekafskeidrok by ons Mnr. en Mej. skool kompetisie te wên. Dis hoe Heinrich Greyling, deur wie my rok gemaak is, op my pad gekom het. Ons het rond geskarrel vir idees. Ek het agtergekom dat al die rokke waarvan ek gehou het deur dieselfde ontwerper, Elie Saab, gemaak is. Sy ontwerpe was die inspirasie vir my rok. Ons was gelukkig om op die smarraggroen Christian Dior materiaal af te kom. Ek het gevoel asof ek die rok gedra het en nie die rok vir my nie. Magic!

Sien alle inskrywings