Forbes Africa het hierdie maand hul lys van top Afrika-modelle bekend gemaak en vier Suid-Afrikaners het dié lys gehaal!

Forbes se lys is op die Lente/Somer 2013 en Herfs/Winter 2013 seisoene gebaseer. Dit sluit alle advertensieveldtogte, tydskrifvoorblaaie, mode-vertonings en hoof-modeartikels in waarin die modelle te sien is. Om te kon kwalifiseer vir hierdie lys, moes die modelle in Afrika gebore wees.

Vanjaar se lys sluit 3 nuwelinge in: Maria Borges, Roberta Narciso en ons eie Katryn Kruger. Nyasha Matonhodze wat verlede jaar bo-aan dié lys gepronk het, het vanjaar die 19de plek gehaal - dis duidelik dat daar waarde in die bekende woorde van model en Project Runway aanbieder, Heidi Klum lê: "In fashion, one day you're in and the next day you're out".

Hier is Afrika se top-15:

15. Flaviana Matata

Flaviana van Tanzanië was in 2007 die eerste model wat aan Miss Universe deelgeneem het waarin sy 6de gekom het. Sedertdien het sy vele hoogtepunte gehad, onder andere om in 2011 deur ARISE-tydskrif as "Model van die Jaar" gekroon te word.

Flaviana Matata14. Katryn Kruger (hooffoto in SARIE, November 2011)

Ons eie Katryn Kruger (wat die hoofmodel in die September-uitgawe van SARIE is) het op 16 reeds met modelwerk begin. Sedertdien het sy al vir vele modehuise op die loopplank geloop en in vele advertensieveldtogte, soos Oscar de la Renta, Dior en Narciso Rodriguez, gespeel.

Katryn KrugerKry jou hande op SARIE se September 2013 uitgawe met Katryn Kruger as ons model!

13. Kinee Diouf

Kinee, van Senegal, het haar deurbraak in die Herfs/Winter 2013 modevertonings gemaak toe sy vir Vivienne Westwood, Etam Lingerie, Mark Fast en Meadham Kirchhoff geloop het.

Kinee Diouf12. Behati Prinsloo

Dié 24-jarige model is oorspronklik van Namibië en het kleintyd gereeld saam met haar gesin in Kaapstad kom vakansie hou. En dis toe juis met een van hierdie Kaapse vakansies dat sy deur die model Sarah Doukas in `n supermark raakgesien is - sy was toe maar net 16 jaar oud. Sy is nou aan die Maroon 5-sanger Adam Levine verloof.

Behati PrinslooLees meer hier oor Behati se dieet en haar verloofde, Adam Levine!

11. Roberta Narciso

In 2010 het Roberta die Elite Model Look Angola gewen en spandeer nou die meeste van haar tyd in Parys. Sy het in baie vertonings hierdie jaar geloop en word ook gereeld gesien in klere van Banana Republic, Miu Miu, Prada en Vivienne Westwood.

Roberta Narciso10. Liya Kebede

Liya is in Ethiopië gebore en het reeds in 2000 haar modelloopbaan begin.  Sy is ook `n advokaat, klere-ontwerper en aktrise wat al drie keer op die voorblad van die US Vogue verskyn het. Sy was ook in 2007 op Forbes se internasionale lys van die top-15 bes betaalde modelle. Estée Lauder het haar as hulle heel eerste swart model gebruik.

Liya Kebede9. Nana Keita

Sy op 16 op 'n vliegtuig na Parys raakgesien. Hierdie jaar was sy in onder meer in Rick Owens se Herfs/Winter 2013 modevertoning gesien.

 Nana Keita8. Hanaa Ben Abdesslem

Hanaa wou van kleins af `n model word, en dit was haar ma wat gesê het dat haar dogter eendag 'n model gaan word - sy het gereeld op haar toontjies rondgeloop en haar verbeel dat sy op `n loopplank is. In die hoërskool het Hanaa een middag `n modelagentskap se advertensie op die televisie gesien en  dadelik besluit om aansoek te doen. Sedertdien het sy die meeste mode-hoofartikels op hierdie lys losgeslaan.

Hanaa Ben Abdesslem7. Candice Swanepoel

Verlede jaar se nommer 2, is in Durban ontdek. Sy was Suid-Afrika se eerste Victoria's Secret-engel en het meer advertensies as enige ander model op dié lys losgeslaan. Kyk uit vir haar in advertensies van Blumarine, Juicy Couture, Swarovski en Versace Fragrances.

Candice SwanepoelLees hier oor Candice se nuwe haarkleur!

6. Herieth Paul

Hierdie 17-jarige Tanzaniër maak $10 000 per dag op die loopplank! Sy het in twee groot advertensieveldtogte gespeel, naamlik Tom Ford en Uniqlo.

Herieth Paul5. Marike le Roux

Marike is in Suid-Afrika gebore, maar sy het in Suid-Korea grootgeword. Sy woon tans in Los Angeles. Haar skedule hou haar hierdie jaar besonders besig!

Marike le Roux4. Ataui Deng

Sy volg in haar model-tannie, Alek Wek, se voetspore en is in modevertonings vir Vivienne Westwood te sien. Haar modelloopbaan het in 2008 begin toe sy `n kontrak met Trump Model in New York geteken het.

Ataui Deng3. Ajak Deng

Ajak het op die ouderdom van 12 as `n vlugteling van Sudan na Australië verhuis . Sy het haar groot deurbraak by Melbourne Lente Modeweek gemaak.

Ajak Deng2. Grace Bol

Grace kom oorspronklik van Sudan af, maar het in Amerika grootgeword. Sy was maar net 22 jaar oud toe sy vir die eerste keer op Vogue Duitsland en City-tydskrif se voorblaaie verskyn het.

Grace Bol1. Maria Borges

Maria, 'n nuweling tot hierdie lys, het tot heel bo-aan dié lys geskiet. Sy is in 1992 in Angola gebore en het hierdie nommer een posisie met harde werk verdien - sy het tot 39 modevertonings in een jaar gedoen! Sy het onder andere vir Tom Ford, Marc Jacobs en Christian Dior geloop. Naomi Campbell is haar inspirasie.

Maria Borges