Gisteraand was die Critics' Choice Awards en die rooi tapyt het weer gewemel van bekendes in mooi rokke. Veral een kleur het koning gekraai ...

Vir die lys van wenners, klik hier.

Ongelukkig, soos met enige geleentheid, was daar ook ’n groot teleurstelling of twee op die rooi tapyt: Natalie Portman se rok was beslis die blaps van die aand. Vir ’n oomblik het dit gelyk of sy die rol van Rooikappie vertolk. Ons kan nie help om haar swangerskap-rooitapytstyl van 2016 met dié van 2011 te vergelyk nie.

Natalie Portman gister by die Critics' Choice Awards.

Natalie Portman in 2011 toe sy die Oscar gewen het.

Een van die hoogtepunte van die aand was die onverwagse groen wat party bekendes gedra het.

Jessica Biel skitter in ’n groen rok.

Aktrise Kylie Bunbury wys been in ’n groen rok met bypassende hakke.

Selfs die manne het gewaag in groen. Akteur Rami Malek het ’n groen fluweelbaadjie gedra.

Ander stylwenners vir die aand:

Constance Wu

Dié aktrise se subtiele blompatroonrok was iets vars.

Lily Collins

Sy het soos ’n boheemse droom in haar naaswit kantrok gelyk.

Shiri Appleby

Ons is mal oor die spel van teksture in haar blou rok, asook die treffende kontrasterende pienk hakke daarby.

Sarah Paulson

Sy het aan die klassieke pêrel ’n moderne aanslag gegee in ’n naaswit rok wat met verskillende groottes pêrels versier is.

Rachel Evan Wood

Sy het stof in die manne se oë geskop met haar swart broekpak.

Watter bekende se rok was jou gunsteling?