My ma het my een Saterdagoggend in Mei geboelie om saam met haar Menlyn winkelsentrum toe te gaan om 'n rok wat sy in 'n klein boetiek gesien het te wys. Ek was glad nie in die bui om te gaan nie, want ons smaak verskil heeltemal. Na 'n lang gesukkel het ek ingegee en saamgegaan. Met die eerste oogopslag was ek glad nie in my skik nie, maar die oomblik toe ek die rok aantrek het my ma gesukkel om hom weer van my lyf af te kry. Ek het geweet dit is die rok vir my. Almal wat in die winkel was, het gesê ek lyk pragtig. Net daar en dan het ek besluit dit is my rok. Ek het hom vir maande veilig weggebêre tot die groot aand. Alles was perfek.

Sien alle inskrywings