Swart, hoekom nie? En toe rys die wenkbroue. Die inspirasie vir die oorspronklikke kleur van my rok het ek gekry van n smarag groen partytjie hoed wat ek oor gehou het van nuwe jaar. Dit is presies wat ek toe vir Anel Botha my, ontwerper gegee het as verwysing, saam met nog rok idees wat ek opgesoek het. Toe dit kom by die materiaal aanskaf, het ek in my hart geweet, ek wou nog altyd, eintlik, n swart rok he. Tydloos. Cheek. Gesofistikeerd! Die romp was n volle, valle, tekstuur droom van Tafsy en Tulle. Daar is Guipure kant gebruik omdat ek iets wou het wat uitstaan op die donker kleur. Tekstuur is n groot faktoor vir my.! Die Bo-lyfie is gedrapeer om die snit van die rok te balenseer vir my ligaam, en die volume van die romp was genoeg om my soos n Droom te laat voel! Kristalle! Kristalle!! Kristalle!!! Geen tekort daar aan op die rok nie! Van Die spesiaal en fyn beplande uitleg van Kant en kristalle tot my spesiaal ontwerpde handskoene… My Droom Rok

Sien alle inskrywings