Soos die liedjie: BLOU is my hart & BLOU is my gedagtes ............... Blou is beslis my gunsteling kleur. Daarom die besluit om al die verskillende skakerings daarvan te gebruik. Al die skakerings was deel van een stuk materiaal, wat die ontwerper hoofbrekens besorg het. My rok is in 'n moderne, vloeiende styl gemaak wat elegant vertoon. My rok moes ook kuis genoeg wees, want ek wou nie aanstoot gee nie. Gemaklikheid was ook n voorwaarde. Wie wil nou heeltyd jou rok optrek of toehou? Die gespe en kristalle aan die voorkant rond my rok deftig af vir die spesiaalste geleentheid tot dusver in my skoolloopbaan. Soos almal altyd sê: Minder is meer!

Sien alle inskrywings