Met Pantone se se kleure van die jaar, Rooskwarts en Sereenblou, is die fokus weer op ’n sagter palet van die kleurwiel. Dis ook te sien in die nuutste sonbrille se rame, lense en ander detail.

Dit is die heel eerste keer dat twéé kleure die kleur van die jaar is.

“Saam demonstreer Rooskwarts en Sereenblou ’n balans tussen die warm, omhelsende roostone en die koeler, rustige blou. Dit straal verbintenis en welstand uit, sowel as ’n strelende gevoel van orde en vrede.” – Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van Pantone se Kleurinstituut www.pantone.com

Modespan kies 9 móét-hê-sonbrille vir die lente