Sou ek Sneeuwitjie wees met sewe slaafse agtervolgers... Of dalk eerder die Slapende skoonheid wat eers "ontwaak" met 'n prins in die prentjie... Wat van Aspoestertjie met die een glas skoen... Rasponsie met haar meters en meters goue lokke...? Ek was Allicia... Skoenloos, sprankelend met die wêreld aan my voete, 'n Prins Charming in 'n Alpha Spider en my kroontjie op my donker lokke om die kersie op my mooiste van mooi dae te sit. 'n Rok wat nie blou was nie, ook nie pers nie, met meters en meters valletjies het my soos die kaalvoet prinses van my eie sprokiesverhaal laat voel. My sprokiesrok word geinspireer deur daardie een hoekie van elke meisie se hart waar sy haar lugkastele bou en drome droom. Ek het net die geleentheid gehad om my droom Matriekafskeid te sien waar word... Net soos elke sprokiesverhaal het elke laaste ding wat kon verkeerd loop, verkeerd geloop! Van ampertjies "date" loos, na 'n rok wat gedreig het om te lank te wees vir my kaalvoet neigings, na 'n haarkrisis wat my baie aan die natgelekte koei stadium in my lewe herhinner het! My sprokiesverhaal het sy gelukkige einde gekry, of eerder my gelukkige begin!

Sien alle inskrywings