Keira is een van die ontwerper Karl Lagerfeld, ontwerper van Chanel, se lieflinge. Maar toe sy by ’n modevertoning in dié swart-en-wit-rok as ’n gas uitstap, was alle oë eerder op haar as op die vertoning.

En dié rok het die modewêreld verdeel. Sommige mense is gek daaroor, ander meen dit is absurd en skep die verkeerde beeld van hoe die "perfekte vroulike figuur" lyk.

Wat dink jy daarvan? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Keira Knightley Chanel  : Photocall  - Paris Fashion Week Womenswear Fall/Winter 2014-2015 FOTO: Gallo Images / Getty Images