Ek wou net op my Matriekafskeid soos 'n prinses lyk en voel !! Tot die dag wat ek my rok gekry het, het ek nog nie geweet watter kleur dit moet of gaan wees nie behalwe dat dit glad nie swart of wit moes wees nie !! Ek, my ouer sussie en my ma was vir so 10 dae kuier by familie in London en het sommer besluit om daar rond te kyk. Die rok is 'n Goya-ontwerp en het gehang in 'n klein boetiek winkeltjie en nog op uitverkoping ook!! Toe ek voor daardie spieël staan het ek net geweet dat dit is hoe ek wou lyk en die kleur PIENK was asemrowend mooi !!

Sien alle inskrywings