Dit is nou maar net ’n feit: Amal Clooney is beeldskoon! Skaars drie maande nadat sy haar tweeling, Ella en Alexander, gehad het, pronk sy in ’n swart nommertjie wat vir haar gemáák is.

Elke vrou is perfek, maak nie saak of jy kort of lank, kurwes het of rietskraal is nie. Tog bly dit mooi om ’n nuwe ma te sien wat straal van geluk. Kyk net vir Amal!

Die Britse prokureur en haar Hollywood-man, George Clooney, is onlangs op ’n besoek aan Venesië, Italië, raakgesien. Amal het ’n treffende swart rok gedra en haar rooi lippe het die uitrusting perfek afgerond.

Stylvol, elegant en pragtig! Kyk net die foto's:

A post shared by PE?PLETALK.RU (@peopletalkru) on

A post shared by SHEEDVASH Magazine (@sheedvash) on

A post shared by @mr_mrs_clooney on