Ek is 'n doodgewone meisie met doodgewone begeertes wat my hele familie op die ou einde moontlik gemaak het. My ma , my steunpilaar het alles moontlik gedoen om die dag die beste te maak! Dit strek oor 3 generasies,dit het begin as 'n klein dogtertjie droom van valle tot selfs 'n paar feëtjie vlerke. Maar danksy Simon & Nico van Simon Rademan skeppings het my droom 'n metamorfose ondergaan en was my rok uiteindelik 'n FEËPRINSES skepping , iets waarin ek elegant , grasieus , trots en myself ten volle kon uitleef , met BAIE "BLING" natuurlik !!!Ek het my laat lei deur Simon, 'n getroue familie vriend, al was die aflewering amper 'n oomblik van trane kon hy darem so nou en dan vir my die troumars neurie tot my ma se ontsteltenis. *Dankie aan elkeen wat 'n groot bydra tot my groot dag gemaak het ek't baie waardering vir ieder en elk van julle !!! *

Sien alle inskrywings