Ek het net geweet dat my tannie Marie presies gaan weet wat my gaan pas en watter kleur ek moet aantrek! Ons het gaan aanpas en aanpas maar niks het reggelyk nie. Tannie Marie het toe besluit wat my die beste gaan pas en vandaar gewerk! Sy het kom kuier op die plaas en die basis deel van my rok gemaak. Sy is terug Pretoria toe waar die groot werk vir haar gewag! Van "piping" en "beads " weet ek niks... maar dat dit groot werk is weet ek beslis!! Ek was baie tevrede met die eindproduk. Tannie Marie is voorwaar 'n baie talentvolle mens! Baie Baie dankie tannie !

Sien alle inskrywings