Mens sal dink dat 'n troue die grootste dag in 'n meisie se lewe is, maar ek is seker dat 'n matriekafskeid die koek vat .'n Troue is eerder die grootste dag in 'n vrou se lewe en nie 'n meisie s'n nie. Ek kan nie glo dat maande se soeke na die perfekte rok toe alles die moeite werd was nie. Nadat ek derduisende boeke onder oë gehad het, het ek van twee fotos af my droomrok "imagine". Ek het nie gedink dit sal moontlik wees om hierdie prentjie in my kop met die regte materiaal te prakseer nie, maar Tannie Kobie het geweet wat ek wil hê en sy het my droomrok verwerklik. Die volgende "obstacle" was die kies van die kleur en ek dink almal het gedink ek gaan 'n blou rok hê, selfs ek, maar toe vang hierdie groen materiaal my oog en ek het net geweet dat dit die perfekte kleur was. Met die perfekte kleur rok was my metgesel ook die perfekte ou. Dit was 'n aand wat ek altyd sal onthou met die oulikste mense om my en 'n pragtige ou aan my sy...

Sien alle inskrywings