Kambodja is waar Angelina in 2000 Lara Croft: Tomb Raider verfilm het, asook die land waar sy haar eerste kind, Maddox, aangeneem het. Sy was glo oorweldig deur die skoonheid van die land en die warmte en vrygewigheid van sy mense.

Volgens Petro Beccari, Louis Vuitton se uitvoerende vise-president van bemarking en kommunikasie, voel hulle geëerd dat Angelina ingestem het om deel van hul Core Values-veldtog te wees, waarvan die sentrale tema van reis as beide 'n fisieke en emosionele reis een is waarmee Angelina persoonlik kan identifiseer.

"Sy is 'n wêreldwye ster, nie net as aktrise nie, maar ook vanweë haar verbintenis tot internasionale humanitêre kwessies," het hy gesê.

Die Alto-drasak van seildoek wat in die foto gebruik word, is Angelina se persoonlike handsak, en sy skenk die geld wat sy vir die veldtog betaal is vir liefdadigheid.

Die foto's is deur die bekende fotograaf Annie Leibovitz geneem.