Die dag toe ek my oe op die prentjie van my rok le toe het ek geweet die rok moet vir my gemaak word.. Ek is n jong meisie wat daarvan hou om uniek te wees, heeltemal anders. Dit was my inspirasie: ANDERS. Ek wou 'n anderste kleur en snit he wat nog niemand gehad nie. Toe besluit ek op olyf groen en silwer wat mekaar komplimenteer maar nog nie baie gebruik is nie. Ek is mal oor kant, omdat vandag se jong generasie nie meer kant so baie gebruik nie en as "outyds" beskou wou ek graag kant deel van my rok gemaak het, weereens om anders te wees, en die res is geskiedenis, Roedolf wat my rok gemaak het, het gesorg vir die res.. Alles het perfek uitgewerk soos dit moes, sonder dat ek veel n aandeel daarin gehad het.

Sien alle inskrywings