My inspirasie het gekom oor die loop van vyf jaar waar ek na elke skool se matriekafskeid gaan kyk het. Ek het daar my kennis op gedoen dat jou rok gemaklik en treffend moet wees,maar nie oordoen nie. Jou rok moet 'n tikkie defnitiewe vroulikheid in hê en jouself aan die mense visueel beskryf. Bo alles moet jy mal wees oor jou rok,sodat jy van binne jou rok kan uitstraal. Jou kleur, materiaal en snit moet by jou pas, anders kan j net sowel in 'n jean en gaan. Ek dink my rok was stunning en verdien om te wen. Nie net vir my maar vir my ouma wat die rok gemaak het ook. Dankie vir die geleentheid Sarie!

Sien alle inskrywings