Elke meisie droom al vandat sy in die laerskool is van haar Matriekafskeid! Ek wou van daardie tyd af al 'n elegante, en stylvolle rok gehad het wat my persoonlikheid uitbeeld. Die kleur het ek gekies omdat ek mal is oor rooi. Rooi is 'n warm kleur - 'n kleur van liefde, passie en deursettingsvermoë. Ek het ook die rooi rok gekies omdat ek dink dit lyk mooi by my blonde hare. :-) . Die "detail" op my rok rond dit pragtig af. Daar is nie te veel detail nie, maar ook nie te min nie. Die ontwerper (Wilma Du Plessis) het werklikwaar my persoonlikheid, en al my drome in een rok, my rok, vir my opgesom!

Sien alle inskrywings